Stephanie het haar eerste borduurmasjien gedurende 1997 gekoop en het so geïntereseerd geraak in masjienborduurwerk, dat sy baie gou daarna ‘n digitisering- en borduurbesigheid begin het. Designs4Africa is gebore en sy het ‘n aanlynborduurontwerpwinkel in 2001 begin.‘n Paar jaar later het sy besluit om vir die eerste keer ‘n kwiltloper vir haar besigheid te maak en gebruik toe borduurontwerpe wat in die vorm van kwiltontwerpe gedigitiseer is om die loper te kwilt. Hierdie pakkette wat die laslappatroon om die loper te maak, al die borduurontwerpe vir kwiltwerk en stap-vir-stap aanwysings met foto’s om die hele kwiltprojek van begin tot einde te voltooi, insluit, word steeds aanlyn verkoop. Dit was so ‘n groot treffer, dat sy al meer kwiltontwerpe ontwerp het.
Die kwiltprojekte het al groter geword en al meer en meer het sy vryhandkwilttegnieke op dié projekte met haar huishoudelike naaimasjien gedoen.
Dit het gelei tot ‘n belangstelling in langarmkwiltwerk. Stephanie het haar eerste langarmmasjien in 2012 gekoop en is baie gou gevra om vir kliënte te kwilt. ‘n Nuwe wêreld het vir haar oopgegaan.
Dit is ‘n passie van haar om mense te help om hulle masjiene beter te leer ken en te verstaan en sy is altyd opgewonde om vir kwilters tegnieke op die huishoudelike en langarmmasjiene te leer. Stephanie voel bevoorreg dat al hierdie wonderlike geleenthede na haar kant toe gekom het.
112S Vryhand Masjienkwiltklas
212H Basiese Liniaalkwiltwerk
213H Gevorderde Liniaalkwiltwerk
312H Basiese Stensilkwiltwerk
313H Gevorderde Stensilkwiltwerk
413H Basiese Verekwiltwerk
414H Gevorderde Verekwiltwerk