Doortjie woon vir byna 50 jaar op Montagu - die mooiste dorp in die wêreld. Doortjie is ’n gekwalifiseerde spesiale klas- en naaldwerkonderwyseres en ’n SAQG Kwilt Onderwyseres. Sy is al vir bykans 50 jaar betrokke in die kwiltwêreld. Sy en haar man, Lochie onderneem elke jaar ’n landwye toer deur SA om in dorpe, stede en afgeleë plekke mense te onderrig om die mooiste kwilts en hekelkomberse te maak. Sy het ook al in Namibië, Nederland en Brittanje klasgegee.
Sy hou daarvan om te eksperimenteer met nuwe tegnieke. “Scrap” kwilts is haar besondere belangstelling - hoe groter die verskeidenheid lappies, hoe beter.
Aanhalings van studente:
Baie inspirerende kwiltjuffrou.
Haar entoesiasme is aansteeklik.
Onderrigmetodes uitstekend en maklik om te volg.
Wat ek die meeste van Doortjie sal onthou is haar inspirasie. Jy weet jy is ver agter en dat jy regtig sukkel, maar nadat sy by jou ’n draai gemaak het, voel jy jy is die beste.
102S Amsterdamhuisies - Hekelwerk
201S Millefiori. Ontwerp jou eie Millefiori
304S Ouma se Trippies
406S Kaleidoskoop