09:30-12:30, 14:00-17:00
102S Amsterdamhuisies - Hekelwerk
201S Millefiori. Ontwerp jou eie Millefiori
406S Kaleidoskoop
Ek noem dit Ouma se trippies omdat die swart raampie om elke blok my herinner aan die tradisioneel gehekekde blokkie. Nou vat ons daardie blokkies op verskeie trippe. Hier leer en ontdek jy dat kleur waarvoor jy bang was so wonderlik saamgevoeg en gebruik kan word. Daar is ’n gesegde - As jy nog nie ’n trip gemaak het nie, is jy nog nie ’n kwilter nie. Daar is ook nie ’n beperkte keuse hoe groot jy jou blokkies wil maak nie - almal se trippies hoef nie dieselfde grootte te wees nie. Ons gaan lekker speel met kleur.
Hierdie werkswinkel word in hoofsaaklik in Afrikaans aangebied, maar verduidelikings sal in Engels herhaal word indien nodig /This workshop is presented primarily in Afrikaans, but explanations will be repeated in English if required.
NOTA: Stroke moet vooraf gesny word want daar sal nie klastyd beskikbaar wees om stroke te sny nie. Sny stroke van 1 en 3 agste duim (3.5cm) wyd. Die lengte moet nie korter as 8 duim (20 cm) wees nie en so lank as die wydte van jou lap.