09:30-12:30, 14:00-17:00
102S Amsterdamhuisies - Hekelwerk
304S Ouma se Trippies
406S Kaleidoskoop
My inspirasie kom uit Katja Marek se boek, The New Hexagon. Ons hoofdoel is om ’n millefiorie kwilt te beplan en uit te lê. Ons gebruik ’n verskeidenheid template om verskillende patrone te vorm. Jy gaan ook leer hoe om die seskante vas te werk. Duisend blomme - dit is presies wat ons gaan probeer bereik. Verskillende rosette word gebou uit groot seskante wat opgebou is uit verskillende vorms. Die agt seskante word dan weer aanmekaar gelas om ’n groot roset te vorm. Die voltooide rosette moet verskillende groottes wees.Dis moeilik om vooraf te bepaal watter lappe gaan werk. Jy kan gedeeltes ’fussy cut’; en dan ander weer net uitsny. Sommige van die blokke word net so van die patroon af gemaak, terwyl ander weer aangepas word deur sekere lyne weg te laat - alles vir verskeidenheid. Die verskillende vorms en seskante kan met die hand aanmekaar gewerk word. Vir die persone wat graag vinniger wil vorder, is daar ook ’n alternatief om dit met jou naaldwerkmasjien te stik.
Hierdie werkswinkel word in hoofsaaklik in Afrikaans aangebied, maar verduidelikings sal in Engels herhaal word indien nodig /This workshop is presented primarily in Afrikaans, but explanations will be repeated in English if required.
The compulsory kit contains: spesifieke dikte vilene; 1 stel perspex template; pak aantekeninge; spesiale driehoek grid
NOTA: ’n Naaimasjien in goeie werkende toestand; gewone voetjie, ekstra masjiennaalde is OPSIONEEL om die blokke te stik. Bring dan ook ’n verlengingkoord, aansluitprop en stuwingsbeveiliging (surge protector)