Kom kwilt en kuier lekker saam van Vrydag 5 April (9.00 vir 9.30) tot Sondag 7 April 16.00 in Yzerfontein. Ons sal in die gemeenskapsaal bymekaar kom. Dit is naby die woonwapark.
Die doel van die naweek is om DAARDIE kwiltprojek wat heelwat werk nodig het, saam te bring en dit ‘n hupstoot te gee. Ons hoop dat almal hard en gesellig wil kom saamwerk en nuwe vriende maak. Dit sal interessant wees as elkeen ietsie kan deel oor die projek waarmee jy besig is, en vir ons ander ietsie leer daarvan. (al is dit ook wat!)
Vrydag sal ‘n werkswinkel aangebied word vir die maak van ‘n sakkie. Die prys is ingesluit en kits salt e koop wees. Meer inligting later.
Ons wil verder bietjie spog met ons kwilts in die dorp en ons stokperdjie aan belangstellendes bekendstel. ? Elkeen moet asb 2 tot 3 groterige kwilts saambring wat ons kan ophang. Stokke nie nodig nie.
Die liewe kwilters in yzerfontein en Darling het hulle huise oopgestel en ons behoort vir elkeen ‘n léplekkie te kan gee. Dit spaar sommer hele boel geld (wat ons maar op lappies kan uitgee ?) Indien jy tog jou eie verblyf wil reël, kan jy “Yzerfontein accommodation” google, daar is baie opsies in verskillende prysklasse.
Die kostes vir die huur van die saal, sekuriteit en middagetes (weer eens is die gasvryheid van die kwilters daar oorweldigend en gaan hulle vir ons die etes voorberei!!). sal R250 per persoon wees (koffie en tee sal verskaf word). Ons kan 30 dames akkomodeer. Bring asb jou eie eetgerei en afdroogdoek saam.
Daar is dan vir elkeen ‘n basaartafel (bring maar jou eie tafeldoek, want dit nie seepglad nie). Die lig in die saal is redelik goed en jy is welkom om jou eie liggie ook saam te bring indien jy dit verkies. Ons sal sorg vir ‘n strykplank en – yster of twee.
Opsioneel ekstra: Aandetes (verrassing) R150 per persoon
Die eerste 30 dames wat hulle inskrywings instuur, sal geakkomodeer kan word. Ek sal dan bevestig 0f daar nog plek is. Betaling dan asb binne 24 uur en die bewys van betaling aan my (persoonlik) gestuur word om jou plek te behou. ronelpistorius@gmail.com. MOET ASB NIE BETAAL VOOR JY BEVESTIGING ONTVANG HET NIE!
Aanwysings:
Weskuspad R27…….. R315 Yzerfontein….. eerste stopstraat regs in Buitekantstraat…….pad vurk na links en daar is die saal op LINKS. Kliek op die link om te sien:
Ons sien uit om jou in Yzerfontein te ontvang!
Kwiltgroete
Ronel Pistorius
05 April - 07 April 2019